Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Departement van Arbeid se kantoor in Klerksdorp kan slegs beperkte dienste aan kliënte bied nadat die PC Pelser-gebou waarin die kantoor gehuisves is, tydelik gesluit is weens ‘n verbodskennisgewing wat verlede week op die gebou bedien is. Hierdie kennisgewing is uitgereik as gevolg van gebarste waterpype in die gebou wat daartoe gelei het dat die strukturele integriteit van die gebou bevraagteken word. Dit word beskou as ‘n risiko vir amptenare en kliënte om die gebou te betree.

Volgens die provinsiale hoofdirekteur, Sphetho Siyengo, is dit ‘n uitdaging ten opsigte van dienslewering by die arbeidskantore aangesien die gebou tans nie toeganklik is nie. 

Dit maak dit moeilik vir die Departement om sy volle pakket dienste te lewer.

“Hierdie ongelukkige situasie het gelei tot ontwrigting van ons broodnodige dienste. Ons het egter maatreëls ingestel om te verseker dat dienslewering voortgaan deur van ons Mobiele Kantore (Busse) gebruik te maak om die kliënte te diens. Hierdie opsie is onvoldoende aangesien ander dienste nie buite die kantore gelewer kan word nie,” het Siyengo gesê.

Die Departement pleit by kliënte om geduldig te wees, aangesien ander reëlings ondersoek word om te verseker dat alle dienste gelewer sal word terwyl die boukwessie aandag geniet.

“Die departement saam met al die betrokke belanghebbendes doen alles moontlik om te verseker dat die saak vinnig opgelos word sodat die situasie normaalweg gebring kan word. Ons pleit vir geduld terwyl ons aan die saak werk,” het hy gesê.

Kliënte wat ander nabygeleë Arbeidsentrums in die Provinsie soos Potchefstroom en Lichtenburg asook ander kan besoek, word aangemoedig om dit te doen of van die Departement se aanlyndienste gebruik te maak deur aan te meld by www.labour.gov.za waar hulle selfhelpplatforms sal kan gebruik.

Teen laat verlede week het Botsang Huma, provinsiale kommunikasiebeampte, bevestig dat hulle nog wag op ‘n strukturele verslag oor veiligheid van die gebou.