Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times
Klerksdorp Midweek, Hartbeesfontein - ‘n Unieke orreluitvoering deur die bekroonde orrelis, Winand Grundling, vind eerskomende naweek plaas by die NG kerk op die dorp. Die uitvoering op Hartbeesfontein op Sondag 3 Augustus beloof om nie net ‘n musikale hoogtepunt te wees nie, maar ook ‘n viering van die pyporrel as kosbare kultuurerfenis. In samewerking hiermee sal die bekende orrelbouer, Werner Hurter, ‘n kort praatjie lewer oor die bewaring van pyporrels as erfenisstukke.
Sy kennis en passie vir die restourasie en instandhouding van hierdie instrumente, bied ‘n waardevolle blik op die uitdagings en belangrikheid van erfenisbewaring.

Om 09:30 vind die normale erediens in die kerkgebou van die NG Kerk Hartebeestfontein (Kerkstraat 50, Hartbeesfontein) plaas, waartydens Grundling die orrelbegeleiding vir die gemeentesang waarneem. Almal is welkom om die erediens by te woon en daarna ‘n koppie tee te geniet. Die orreluitvoering in die kerkgebou begin om 12:00. Vir díé twee geleenthede is dit nodig om plek te bespreek. Dit kos R100 per persoon. 

Bespreek per WhatsApp by Daleen by 072 545 7034. Etebesprekings het reeds gesluit.