Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Pick n Pay stalletjiemark vind op 26 Oktober plaas. Besoekers kan die mark tussen 08 00 en 13:30 besoek. Die program beloof iets vir almal! Die Shavathon en haarkleur ten bate van Kansa sal plaasvind teen slegs ‘n donasie van R20 te gee. Elkeen in Klerksdorp kan ‘n verskil kom maak en die projek te steun.

Mev Klerksdorp sal pienk strikkies verkoop teen R10. Met die fondse wil sy geskenkpakkies aan kankerpasiënte by die onkologie afdeling van Klerksdorp hospitaal oorhandig.

Die Klerksdorp Het Talent-kompetisie se registrasie  is van 09:00 tot 10:00 en die kompetisie is van 10:00 tot 12:00. Deelnemers kan in drie afdelings deelneem: laerskool, hoërskool en ope afdeling. Inskrywings kos R50 elk.

Die Matlosona Brandweerspan wat goud gewen het by die SA brandweerkompetisie, sal tussen 12:00 en 13:00 ‘n vertoning kom lewer. 

Dit sal hul eerste optrede in Klerksdorp wees as SA-wenner.

Daar sal ook sowat vyftig uitstallers wees en heelwat laerskool-entrepreneurs sal ook kom uitstal om hul sakgeld vir die vakansie te verdien.

Die gemeenskap van Klerksdorp word genooi om deel te kom wees van die baie spesiale mark. Stalletjie-staanplek is nog beskikbaar.

Vir navrae en stalletjiebesprekings skakel Tinus by 083 294 8077.