Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - ‘n Gelukkige Midweek-leser kan Amira Willighagen se vertoning in Klerksdorp gratis bywoon. Dit is ‘n dubbel-
kaartjie en dit sluit die kaas-en wyn en wynveiling in. Die vertoning in die Hervormde Kerk Morester vind op Vrydag 9 Mei plaas. Sy is in Nederland
gebore en het haarself ingeskryf vir Holland’s Got Talent toe sy nege jaar
oud was. Sy is nou 21 jaar oud. Sy het haarself leer opera sing deur na YouTube-videos te kyk én het die beoordelaars verstom met haar talent. Dié Nederlandse nagtegaal het die kompetisie gewen.
Sy, haar ma en broer het sedertdien na Potchefstroom verhuis en sy studeer tans opera by Tukkies. Haar ma was in Hoërskool Wesvalia!
Sy sing nie net ernstige musiek nie.
Verwag ligte klassieke musiek, Afrikaanse kunsliedere, musiek uit blyspele, asook komtemporêre musiek.
Kaartjies vir haar Morester-vertoning is reeds te koop teen R250 elk of R300 elk vir BBP-kaartjies op die gallery wat eet- en drinkgoed insluit. ‘n Ete en wynveiling sal na die vertoning in die saal plaasvind. Die kaartjiepryse sluit toegang tot dié gebeure in die saal in.
Drag is formeel en die vertoning sal om 18:30 begin. Skakel Margaret van Heerden, 082 523 8289 vir kaartjies.
- Stuur ‘n e-pos na