Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - AfriForum se Klerksdorp-tak het in Desember saam met die Doringkruin-buurtwag gewerk en weer ingeklim om hul grootskaalse buurtvernuwingsprojek voort te sit. 

Dit is deel van AfriForum se nasionale #OnsDorp-veldtog en die projek het van 18 Desember tot 21 Januarie geduur.  Tot dusver het hierdie span ’n area van meer as 47 000 m2, byna so groot soos sewe rugbyvelde, skoongemaak. Dit sluit in die sny van gras langs Murantiweg, sowel as die volledige rehabilitasie van Karee- en Tambotiepark. Benewens die grassnywerk, is indringer-doringbome verwyder en bome langs die pad gesnoei.  

 

 

 

 

 

Volgens Alta Pretorius van AfriForum is die projek moontlik gemaak deur ’n vennootskap tussen die AfriForum-tak, Doringkruin-buurtwag en die plaaslike gemeenskap. Die totale koste vir die huidige fase beloop R14 835. Hierdie fondse word direk aangewend vir die bedryfskoste van die projek, insluitend brandstof, olie, toerustingonderhoud en vergoeding vir die mense wat die fisiese arbeid verrig.  

Die volhoubaarheid van hierdie inisiatief rus egter op die skouers van elke inwoner. Om die werkspan permanent te onderhou en te verseker dat die buurt se parke en strate nie weer agteruitgaan nie, is die gemeenskap se aktiewe deelname nodig. “Ons moedig elke inwoner van Doringkruin aan om hande te vat met hierdie werkspan. Hetsy met ’n finansiële bydrae of deur moue op te rol en betrokke te raak. Elke bietjie help om te verseker dat ons dorp ’n plek bly waar ons met trots kan woon,” het Alta gesê. 

Inwoners wat bydraes wil lewer of meer inligting verlang oor hoe om die werkspan te ondersteun, kan vir Frans Roos skakel by 083 378 8826. Om aan te sluit by AfriForum se Klerksdorp-tak, skakel vir Alta Pretorius by 081 392 2071.