Klerksdorp Midweek, Ottosdal - Die jaarlikse Draf en Trap vind eerskomende naweek plaas.
Ottosdal sal op Saterdag 31 Januarie ‘n miernes van bedrywighede wees. Voorafinskrywings het op 24 Januarie gesluit, maar deelnemers kan nog inskryf tot 30 minute voor die afsit.
Wat gebeur nog voor die groot dag? Die pasta-aand word op Vrydagaand 30 Januarie gehou en hier kan jy ook nog inskryf.
Op Saterdag sal daar ook ‘n basaar en stalletjies wees en ja, daar is diamante as pryse.
Almal wat die wedloop en fietsren voltooi kry medaljes en daar sal amptelike tye geneem word.
Die ingang is R50 (slegs kaarte) en na 18:00 R100. ‘n Kerkdiens sluit die byeenkoms af op 1 Februarie om 08:00 in die Klipkerk met ‘n plaasontbyt.
Die Draf en Trap word aangebied met die medewerking van Diamant Marathonklub, NWCU, Western Wheelers en NG Kerk Ottosdal.
Meer inligting van 083 687 8082 of










