Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Noordwesters het amok gemaak die afgelope naweek in Pretoria by die Gauteng jukskeiklubkampioenskap. Nege spanne het deelgeneem en sewe het medaljes gekry. Drie spanne van Hak en Steek het silwer gekry, klub Eland van Swartruggens ‘n silwer en Lichtenburg se Splash het ‘n silwer en ‘n goud gewen. ‘n Gekombineerde span het brons gekry. Sowat 72 spanne het deelgeneem en Noordwes het baie goed gedoen én kan nie wag vir volgende jaar nie. Die volgende nasionale kompetisie op die kalender is die juniors wat 8-12 Desember aan die Junior SA’s deelneem.