Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Noordwes F1 rubberbootklub se lede is by die jaarlikse prysuitdeling van die rubberboot organisasie, Saira, vereer.
Die prysuitdeling het op Saterdag 16 November plaasgevind. Renier le Roux en Jan Human het met die nasionale titel in die gemodifiseerde klas, p750 mods, weggestap. Renier Cronje en Francois van Rooyen het ‘n tweede plek in die p750 standaard klas, in die nasionale kampioenskappe behaal.
Die finale jaar afsluiting van die F1 rubberbootklub sal op 30 November by die Vaal Reefs Bootklub gehou word, waartydens die sportmanne hul Noordwes kleure ontvang.
Vir enige navrae, skakel Jean Louw, voorsitter, by 083 634 1171.