Laerskool Saamtrek se eerste meisies tennisspan is aangewys as die Noordweswenners tydens die BNP PARIBAS provinsiale finale wat op 22 Oktober gehou is. Die span verteenwoordig Noordwes tydens die 2025 Rising Star Tennis Championships wat die naweek in Benoni gehou word. Hulle is Miané Schutte, Karla Venter, Lua Pfister en Nélike van der Berg. Afrigter Susan Brits is saam op die foto.
Saamtrek se o/9A-seuns tennisspan het as Noordwes- wenners uit die
stryd getree ty-dens die Noord-wes uitspele verlede week. Die span is Luke Edwards, Devan Harmse, Willow Jacobs, Sion Sik en afrigter Mariska Laubscher.










