Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Wesvalia se krieketspelers het tydens die NW o/19 Noordvaalliga ‘n rekordtelling behaal. Wesvalia het teen Fields College gespeel, eerste gekolf en teken ‘n indrukwekkende 542 lopies aan vir slegs 2 paaltjies plat in 50 beurte. Hierdie rekordtelling is die hoogste telling in die skool se krieketgeskiedenis.

Marneau Dreyer is aangewys as die beste kolwer van die dag en behaal die hoogste telling ooit vir ʼn Wesvalia-kolwer met 257 nie uit nie vanaf 144 balle. Dit sluit 16 sesse en 20 grenshoue in. Eduard Dreyer lewer ‘n besondere bydrae met ʼn pragbeurt van 175 lopies.

Wesvalia boul Fields College uit vir 103 en wen die wedstryd met 439 lopies.

Ethan Walker is die beste bouler wat 6 paaltjies laat kantel het in sy 10 beurte.