Klerksdorp Midweek, Wolmaransstad - Die Schoonies het die afgelope naweek teen Hoërskool Wolmaransstad in die Classic Clash deelgeneem.
Dit was die 13de Clash tussen die skole en het op Vrydag, 9 Mei op Wollies se tuisveld plaasgevind. Al die wedstryde was baie kompeterend met Wollies wat die hokkie en netbal gewen het. Schoonies se hokkie-seuns het hul kragmeting gewen. Die rugby was alles in Wollies se guns.
Uitslae:
Hokkie (meisies):
o14: Wollies wen 4-0
o15: Gelyk 1-1
o16: Gelyk 0-0
2de: Wollies wen 1-0
1ste: Wollies wen 4-0
Wollies wen die hokkie (meisies) trofee.
Hokkie (seuns):
Schoonspruit wen 2-0
Schoonspruit wen die trofee vir die vyfde agtereenvolgende jaar.
Netbal:
o14: Wollies wen 17-15
o15: Schoonspruit wen 15-10
o16: Schoonspruit wen 19-17
2de: Schoonspruit wen 14-13
1ste: Wollies wen 23-21
Wollies wen die netbal trofee.
Rugby:
o14: Wollies wen 24-17
o15: Wollies wen 54-0
o16: Wollies wen 74-0
2de: Wollies wen 22-10
1ste: Wollies wen 64-8
Wollies wen die rugby trofee.