Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest Issue
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Kort nadat Afriforum ‘n aanmaningsbrief aan Dawid Kruiper Munisipaliteit gestuur het, oor die stand van die rioolstelsel op die dorp, het die burgemeester van die Dawid Kruiper Munisipaliteit, mnr David Kazi, op DKM se sosiale media fotos verskyn  -  “besig om aandag aan die riool probleem” te gee.
Afriforum se skrywe meld dat die gebrekkige rioolstelsel in die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit grootskaalse risiko’s in hou vir die omgewing en inwoners se gesondheid - aangesien rou riool vrylik in die strate en in die Oranjerivier loop. 
Volgens AfriForum is daar meer as 18 mangate in Upington waar rou riool uitloop. 
Die organisasie vra nou ’n aksieplan van die munisipaliteit om die rioolkwessie die hoof te bied.


Riool wat deur die strate en in die rivier invloei is nou al jare lank ’n uitdaging en dit word vererger deur die munisipaliteit se miskenning van die probleem. 
Volgens die munisipaliteit is dit net sugwater wat saamloop en lei tot ’n onaangename reuk – dit is egter nie akkuraat nie. 
AfriForum se Upington-tak het op verskeie geleenthede in die verlede watermonsters hier geneem en dit by ’n geakkrediteerde laboratorium laat toets waar dit bevestig is dat daar E.coli en fekale kolivorme in die water is – ’n aanduiding dat daar wel riool in die water is. 
Die organisasie het op 1 April ’n skrywe aan die Dawid Kruiper-munisipaliteit gestuur waarin daar onder meer gevra word vir afskrifte van watergebruikslisensies van die rioolaanlegte in die Dawid Kruiper-munisipaliteit, die rioolaanlegbestuurslisensies en ook die aksieplanne met hul sperdatums om opgradering en instandhoudingswerk te verrig. 
’n AfriForum-lid wat eerstehands te doen het met die riool in Upington het reeds op 6 Februarie 2024 strafregtelike klagtes ingedien by die plaaslike Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die saak is intussen aan die Groen Skerpioene oorhandig. 
Volgens Werner Strauss, AfriForum se distriks-koördineerder vir die Kalahari, lê die probleem by infrastruktuur wat oud is en nie behoorlik instandgehou word nie. Hoewel daar fondse beskikbaar gestel is vir opgraderings aan die rioolpyplyn is nog net twee van die vier fase plan voltooi – niemand blyk te weet wanneer fase drie en vier deurgevoer gaan word nie. 
Ten spyte van die besoek aan sommige van die probleem areas, deur die munisipale rolspelers, het DKM teen Maandag nog nie amptelik op AfriForum se skrywe  gereageer nie.