Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-SPRINGBOK: Daar is onlangs ‘n  tweedae ATKV Skryfwerkswinkel op Springbok gehou.
Die werkswinkels is die herhaling van ‘n wenresep deur skrywer Anzil Kulsen en lewensafrigter, Coba Röhm, #coachCoba soos haar leerders haar noem. 
Vir die ATKV is dit so belangrik dat kontreistories, unieke vertellings, ervarings en verhale vanuit die verskillende diverse sprekers van Afrikaans opgeteken of geskryf moet word.
Daar is soveel skrywers in gemeenskappe, oor die ganse SA, wat nooit die lig sien nie.
Deur die ATKV Skryfwerkswinkels poog Anzil Kulsen om skrywers die nodige riglyne te gee, vanaf die teoretiese bou van ‘n prosastuk tot by die proses van publikasie.

Om skryfkuns en “couching” te kombineer,  word daar terselfdertyd gekyk na belewenisse wat trauma meegebring het, nuwe perspektief en die uiteindelike herskryf van die skrywer se eie narratief.
Skryf bring genesing, dit skep afstand van die seer wat ons soms ervaar en dit help ook ander wat daarmee identifiseer, om anders na hul eie ervarings te kyk.
Daar is ‘n lekker program aangebied, wat nie net uit skryf  bestaan het nie, ook lekker kos en saamdink.
Die skrywers is verkwik met heerlike knibbels en ‘n geheimebestanddeel “shortbread” wat die tonge en die breinselle lekker gesus het, om te begin dieper dink. 
Coba se middagete was ‘n astrante pakkie “chips” kos waarin die skrywers hul kon knuppeldik eet aan die tipe kos wat skrywers in hul yskaste het.
Die dinkprosesse van respekvolle luister tegnieke uit Nancy Kline se studies, het die volgende sessie afgeskop en die tegniek van “soft eyes and delicious attention,” het posgevat en die impak daarvan het almal meer toegerus laat voel om met diepe aandag te “hoor” en nie te “red” wanneer iemand praat. 
Koppe moet self uitsorteer wat hul kwel en raad is mos maar goedkoop. 
Na die uitwroeg van elke individu se tydlyn en ondervindings, het die luister-deel-luister, die res van die middag gevul en almal het besef dat hul diep-diep stories huisves, wat ’n baie ryk “toolbox” is waaruit gedelf kan word, om belewenisse te deel en vas te pen vir ander, al is dit deur die begin van joernaal skryf om jou eie belewenis ernstig op te neem. 
Die nag se slaap was vir sommige aspirant skrywers ‘n plek waar die onderbewuste na die oppervlak gekom het. Smul aan ‘n heerlike gastehuis-ontbyt, het almal krag gegee vir die kuns en kundigheid wat moes aangewend word in die tweede dag van die werkswinkel. 
Met vaardigheid en vernuf het Anzil vertel hoe karakters en prosesse ingeweef en aangetrek word, amper soos die klerekas van papierpoppe, waar laag op laag karakter gee aan ‘n nuwe mens wat geskep word. Hoeveel “rerig-erig” is, is nie ter sprake. Die leser moet net kan inklim en beleef wat aangebied word en op die heerlike leer-vergeet-reis gaan wat tussen bladsye wegkruip. 
Met ‘n praktiese aktiwiteit van soek na ‘n uitgewer en besluit waar en hoe elk wil publiseer of deel, is die werkswinkel afgesluit met ‘n absolute begeerte om dit weer te doen.  
Die proses van skryf oor jouself en jou eie belewenisse is ‘n wetenskap.  Inderdaad ‘n interessante, diep kosbare proses waaraan     Coba bloodgestel is deur dr. Louis van Rhyn van Partners for Possibility in 2016.  En dis vir #coachCoba lekker om dit te deel waar  sy “coaching” doen, ingeweef met die werk van Nancy Kline en in hierdie geval, met die ATKV. 
“In dieselfde tydvlak wat ek hiermee begin het, ontmoet ek die kosbare skrywer-siel, Anzil wat vir my ‘n harts-vriendin geword het en saam met wie ek ure om dink en redeneer. Die essens van menswees bly die stories waarbinne ons leef en hoe die stories ander impak. Die vraag bly dan seker of dit ooit alles is. Die volle waarheid of net een dimense.
“Ons is so dikwels oorweldig deur wat met ons gebeur. Vreemdhede en wreedhede wat die lewe na ons kant toe gooi. Soms voel dit soos klein-breek-brandertjies , of dalk groter golwe maar verdomp as daai Tsunamis tref dan is n mens platgeslaan. 
“Jy bevraagteken die natuur van die mensdom en kom dan op met die slotsom dat dit die mensDOM is, Nooi ons. Skep ‘n ruimte vir ontdek sodat Anzil en ek, die wonder van wees, kan oopknoop,” sluit Coba Röhm af.