GEMSBOK-UPINGTON: ZFM Older Persons Forum het Vrydag, 13 Junie 2025 hul Pretstap vir Bejaardes gehou, ‘n eerste vir Upington. Dit sluit aan by die “Gaan Turkoois vir Bejaardes” veldtog, vanaf 15 Mei tot 15 Junie 2025, ter ondersteuning van die Wêreld Bewusmakingsdag van mishandeling van bejaarde persone..
Hoekom Turkoois? Die kleur verteenwoordig kalmte, helderheid en genesing - kwaliteite wat ons by Bejaardes wil tuisbring. Die kleur simboliseer kommunikasie, beskerming, te luister na hul stem en hul belange eerste te stel.
Die Pretstap is vanaf die Dawid Kruiper Munisipaliteit tot by Dicky Jacobs Stadion gehou. Meer as 100 bejaardes van verskeie dienssentrums het deelgeneem aan die staptog, om hul stem te laat hoor.
Die uitvoerende burgermeester van Dawid Kruiper Munisipaliteit, mnr. Dawid Kazi was genooi om die bejaardes te verwelkom en die verrigtinge amptelik te open, deur ‘n turkoois lint te knip, tesame met mev. Juline Newman, ‘n direkteur van Suid-Afrika Ouer Persone Forum.
Mnr. Kazi het genoem dat ons bejaardes saak maak en sodoende sy ondersteuning getoon deur ‘n skenking aan bejaardes. Hy het selfs saam gestap en geselsies aangeknoop met die bejaardes, dit het baie beteken vir ons senior burgers.
Mnr. G. Mjezu, hoof van Department van Sosiale Ontwikkeling, het ‘n teenwoordiger afgevaardig en mev. Minnaar het die doel van die dag verduidelik. ‘n Skenking is ook van dié department ontvang.
Die hoofspreker was advokaat M. October. Hy het die Ouer Persone Wet, Artikel 13 van 2006 voorgehou. Insae oor ander aspekte (gesondheid, hulp vir mishandeling, tuisversorging, aktiewe leefstyl) wat bejaardes raak, is deur sprekers beklemtoon.
Pastoor Petrus, mev. M. Beukes (voorsitter van ZFM Ouer Persone Forum), sr. S. Basson(Direkteur van Health Revival Clinic), me. A. Isaacs (Distrikshof aanklaer, Dept. van Justisie), mnr. B. van Schalkwyk (gesondheid bevorderingsbeampte van Dept. van Gesondheid), me. D. Basson (maatskaplike werker van Age-in-Action), asook die program direkteur, me. Gaynore Solomons, wie ook nou saam werk met die bejaarde gemeenskap, het deel uitgemaak van die dag.
“Ons bedank almal, oud en jonk, alle maatskappye en afgevaardigdes wat deel uitgemaak het van die dag,”het Sybel Cloete, gesê.
ZFM Ouer Persone Forum se doel is om die regte van bejaardes te be-skerm, wat insluit hul status, welsyn, veiligheid en sekuriteit, ingevolge die Handves van Mense-regte. Verder bied dit bejaardes geleenthede aan bejaardes om op sosiale-, liggaamlike-, verstandelike- en emosionele vlak te floreer. Die Forum benadruk die belangrikheid om ‘n kultuur van respek en omgee vir bejaardes te kweek. Hierdie Forum skep ‘n platform waar uitdagings van Bejaardes bespreek word, wat ook fisiese-, emosionele - en finansiële mishandeling insluit. Daar moet besef word dat hierdie senior burgers, waardevolle bydraes tot ons samelewing gemaak het en selfs vandag ‘n impak maak.
“Vanjaar se tema is, wees waaghalsig en uitgesproke. Oudword met ‘n houding. So, bejaardes hoef nie terug te staan vir enigiets of iemand nie. Staan op jul regte .
Ons nooi bejaardes om deel te wees van Dienssentrum, waar hulle tussen hul portuur groepe kan wees, om lekker sosiaal te verkeer en geniet wat die lewe bied, “aldus Sybel.
Vir enige inligting, skakel gerus met Sybel Cloete, ZFM Distrik Koordineerder van ZFM Ouer Persone Forum per e-pos