GEMSBOK-UPINGTON: Op Vrydag 3 Oktober het belanghebbendes van regoor die hernubare energie-waardeketting, ‘n netwerkgeleentheid by die We’RE Connected Lente-sosiale byeenkoms, gehou.
Met ‘n heerlike middagete by die Red Ox Restaurant het almal geleentheid gekry om mekaar te ontmoet. Met ‘n inspirerende leierskapspraatjie, het gaste entoesiasties nuwe verhoudings gebou, voordat hulle die dag afgesluit het met ‘n sons- ondergangvaart op die Oranjerivier.
Gaste het die spektrum van die hernubare energie-waardeketting gedek wat die Noord-Kaap transformeer. Van groen energie-projekspanne tot gemeenskapsontwikkeling, afrigting, gesondheidsdienste en konsultasies, was dit ‘n geleentheid om brûe te bou.
We’RE Connected, is ‘n nie-winsgewende maatskappy wat bestaan om die energiebedryf van binne na buite te herontwerp — met mense in die middelpunt. Inklusiwiteit is die kern van die organi- sasie, wat aanvanklik slegs vroue bedien het, maar gegroei het om alle onderverteenwoordigde groepe in die hernubare energielandskap te ondersteun.  
In haar verwelkoming het Kalnisha Singh, direkteur van We’RE Connected, die waarde beklemtoon om belanghebbendes van regoor die hernubare energie-waardeketting bymekaar te bring. 
Die verskeidenheid gaste het die impak van die bedryf op Upington en sy omgewing gedemonstreer.
 Gasspreker Ian Hatton se insigte uit sy internasionale loopbaan in leierskaps- ontwikkeling, het geïnspireerde reaksies van opkomende leiers ontlok.
Meer besonderhe oor We’RE Connected (NPC)  is beskikbaar by https://wereconnected.org.
																					








