Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times


GEMSBOK-UPINGTON: Erge donderstorms, sterk winde en ontwrigtende reën - wat op Donderdag, 28 Desember 2023 begin het, het die Noord-Kaap die nuwe jaar ingelei.
Die Noord-Kaapse samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake (COGHSTA), sê hulle neem kennis van die verwoesting wat deur die gure weerstoestande veroorsaak is.
Die Pixley Ka Seme-distrik, is erg geraak met ongeveer 200 huishoudings wat geraak is deur die vloede en skade aan huise en eiendom in Britstown, Emthanjeni Plaaslike Munisipaliteit, en 70 huishoudings wat geraak is in die gebiede van Slangpark, Hillside en Hopetown, in die Thembelihle Munisipaliteit.


Die Distrik Rampbestuursentrum het tydelik 30 van die geaffekteerde gesinne by die Steynville Gemeenskapsaal in Hopetown geakkommodeer en maaltye en komberse verskaf as ‘n tussentydse en onmiddellike reaksie. Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het sopkombuise geaktiveer en verskaf twee maaltye per dag in Hopetown, Langberg en Britstown, die Departement het ook komberse in Hopetown verskaf en sal verder na die ander geaffekteerde gebiede versprei.
In die John Taolo Gaetsewe-distrik is altesaam 11 huishoudings in die Joe Morolong-munisipa-liteit geraak, en assesserings is aan die gang deur die Distrik Rampbestuursentrum.
Paaie, elektrisiteit en afvalwaterinfrastruktuur is van die openbare infrastruktuur wat ernstig beskadig is deur die strawwe weerstoestande in verskillende dele van die Pixley Ka Seme en Namakwa Distrikte. 
Die Provinsiale en Distrik Rampbestuursentrums koördineer reaksies van multi-belanghebbendes om die gesinne wat verskuif moes word, in die verskillende geaffekteerde gebiede by te staan, en om ondersteuning te bied, terwyl die beoordeling van die skade nog gekwantifiseer word, sodat die Departement die mees geskikte intervensieplan, kan bepaal.
LUR vir COGHSTA, mnr. Bentley Vass, LUR vir maatskaplike ontwikkeling, me. Nontobeko Vilakazi en LUR vir paaie en openbare werke, me. Fufe Makatong het saam met hul senior bestuurders sommige van die geaffekteerde gebiede besoek om eerstehandse inligting te kry met betrekking tot die skade aangerig aan privaat en openbare infrastruktuur en om die geaffekteerde gesinne van staatsondersteuning te verseker.
LUR Vass, het ook van die besighede in die geaffekteerde gebiede bedank wat gesinne wat verskuif moes word, onmiddellik met komberse, toiletware en etes bygestaan het. LUR Vass het gesê ‘’wanneer voorvalle soos hierdie gebeur, is dit belangrik dat beide die regering en die privaat sektor hande vat om dié  gesinne, wat deur hierdie toestande geraak word, by te staan, en as die regering is ons dankbaar dat ons hande kan vat en saamwerk om verligting aan hierdie benoude gemeenskappe.
Die Departement werk nou saam met alle geaffekteerde munisipaliteite om ‘n gekoördineerde benadering te verseker. Ons is ook dankbaar dat geen sterftes of ernstige beserings tot dusver aangemeld is nie.
LUR Vass het gesê sodra die Rampbestuursentrum die assessering afgehandel het, die regering sal aankondig watter oorsaak van optrede uit die assesseringsverslag sal vloei. Hy het inwoners regoor die provinsie versoek om ag te slaan op die weerstoestandwaarskuwings en om voorsorgmaatreëls te tref om hulself en hul eiendomme veilig te hou.
Provinsiale regeringsdepartemente werk nou saam om in die behoeftes van die geaffekteerde gebiede te voorsien en om ‘n gekoördineerde benadering te verseker.
Die Provinsiale Rampbestuursentrum is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag en werk saam met die Distrik Rampbestuursentrums, in alle distrikte gaan voort om die situasie te monitor.
Die volgende kontakbesonderhede is vir die hoofde van rampbestuursentrums -
Hoof van Provinsiale Rampbestuursentrum – Mnr T Gaolaolwe - 083 390 2920
Hoof - Frances Baard Distrik Rampbestuursentrum - Mnr. C. Jones - 083 675 7793
Hoof - John Taolo Distrik Rampbestuursentrum – Mnr. J. Rossouw – 082 415 2660
Hoof - ZF Mgcawu Distrik Rampbestuursentrum – Me R. Snyders – 079 379 2703
Hoof - Pixley Ka Seme Disaster Management Centre – Mnr. C. Menziwa – 078 175 3117
Hoof - Namakwa Distrik Rampbestuursentrum – Mnr. L. Vermeulen – 084 511 7481