GEMSBOK-KAROS: In ‘n beduidende poging om minderbevoorregte leerders te ondersteun en opvoedkundige gelykheid te bevorder, het Karoshoek Solar One die afgelope week die eerste tree in die gesamentlike objektief van die departement van onderwys en twee plaaslike munisipaliteite in die Noord-Kaap gegee.
Paballelo Laerskool (PPS) is een van tien geïdentifiseerde skole wat gedurende 2025 voordeel getrek het uit hierdie inisiatief deur Karoshoek Solar One (KS1).
KS1 het ‘n amptelike oorhandigingsgeleent-heid by PPS aangebied, waar belangrike belanghebbendes, insluitend verteenwoordigers van die plaaslike munisipaliteit, genooi is.
Tydens die geleentheid is skoolskoene en sokkies aan die geïdentifiseerde leerders uitgedeel.
In totaal het KS1 1 441 pare skoolskoene aan minderbevoorregte leerders oor die tien skole geskenk.
KS1 se skenking van skoolskoene en -sokkies aan 1 412 leerders van 15 skole in onderskeidelik die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit en !Kheis Plaaslike Munisipali-teit, is getuienis tot die maatskappy se belofte om gemeenskappe hier in die omgewing te ondersteun en te help opbou.
Toegang tot basiese benodigdhede soos skoolskoene en sokkies speel ‘n deurslaggewende rol in ‘n kind se opvoedkundige reis. Hierdie inisiatief poog om:
• Verhoog die leerders se selfvertroue en selfbeeld.
• Verlig sommige van die hindernisse waarmee hierdie leerders te kampe het en verseker dat hulle met waardigheid en gemak skool kan bywoon.
• Verminder afwesigheid en uitvalsyfers weens die gebrek aan behoorlike skooldrag.
• Ondersteun die gesinne van hierdie leerders deur hul finansiële las te verminder.
Die identifisering van begunstigdes wat die nodigste is, is deur die skoolhoofde in samewer-king met opvoeders en administrateurs gedoen.
“As een van KS1 se sleutelfokusareas, is onderwys die doeltreffendste manier om die lewens van ons kinders te transformeer. Dit word bereik deur verskeie intervensies wat KS1 tans by verskeie skole implementeer. Dit sluit in: die Wiskunde- en Wetenskap-interven-sieprogram, wat duisende leerders van verskeie skole in die distrik bevoordeel, asook die In-Skool Voedingsontbyt, wat verseker dat 45 691 hulpbehoewendes van 10 skole daagliks ontbyt geniet.” het mnr Pitso Monyeki, KS1 se sosio-ekonomiese ontwikkelingsbestuurder, gesê.
* Karoshoek Solar One (RF) (Edms) Bpk (KS1) het ‘n 100MW gekonsentreerde sonkrag (CSP)-aanleg ontwikkel, gebou en bedryf wat deel vorm van die Renewable Energy Independent Power Producer Procurement Program (REIPPP). Die Aanleg is 30 km buite Upington - langs die N10-pad in die rigting van Grobleshoop, in die Noord-Kaap geleë.