Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Dr. Mason Adams het onlangs gegradueer aan die Universiteit van Kaapstad. Hy doen nou sy internskap in Oos-Londen. 
Dr Mason is ‘n oud-leerder van Hoërskool Upington, hy is hier gebore en getoë.  Mason is die jongste seun van Martin en Mary Adams.
Eerstens wil ek God dank, want Sy genade was vir my genoeg. Graag wil ek ook diegene bedank wat vir my gebid het. Ek waardeer elkeen wie 'n bydrae tot my studies gemaak het. Elke onderwyser, afrigter en skool, elkeen van my dosente, die breë gemeenskap van Upington wat grootliks bygedra het tot die persoon wat ek vandag is.


Aan my grootste ondersteu-ningsnetwerk my ouers en sibbe, baie dankie. Baie dankie aan die vervoerdienste (bus en taxi's) wat my vir die 6 jaar veilig vervoer het.
Dan wil ek skryf aan daardie jong kind wie kyk na Suid-Afrika en wonder waarheen nou? Ook aan die wat opgegee het. Die jeug is die toekoms van ons groot en wonderlike land en ek glo sterk dat elkeen van ons 'n goeie toekoms kan hê. Wanneer ons bereid is om hard daarvoor te werk. Die beste begin is om by Jesus se voete te bly.
Om te begin hande vat oor rassegrense (en al die grense) en te begin om mekaar te ondersteun en te motiveer. Hierdie vers het my regdeur my universiteitsloopbaan gedra: Ephesians 3:20-21. “Now unto Him that is able to do exceeding abundantly above that we ask or think, according to the power worketh in us, 21 unto Him be the glory in the church by Jesus Christ throughout all ages world without end.”