Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Soos vorige jare het ‘n klompie lede van die Kalahari Oumotorklub die jaarlikse George Ou-motorskou bygewoon. 
Vanjaar se uitstalling, was van besondere hoë gehalte, met meer as 1000 motors wat uitgestal is. Meer as 13 000 besoekers het die Saterdag deur die hekke beweeg. Die belangstelling was so groot dat die organiseerders vanjaar addisionele uitstalruimte geskep het om meer voertuie te akkommodeer. 
Vanjaar se tema het gefokus op Duitse     voertuie met Merecedes Benz, Volkswagen, BMW, Porsche en Borgward veteraanmotors wat baie goed verteenwoordig was. 


Daar was selfs ‘n replika uitgestal van een van die eerste Mercedes Benz motors, wat uit 1886 dateer. Waarskynlik die hoogtepunt van die uitstalling vanjaar was dat agt van die nege Mercedes Benz 300 SL veteraanmotors in Suid-Afrika hul weg na George gevind het. 
Dertien lede van die Kalahari Oumotorklub het vroegoggend op 9 Februarie 2024 uit Upington vertrek om die lang tog van 14 ure na George aan te pak. 
Sommige van die lede se vrouens het ook saamgery en die uitstappie besonder baie geniet.  Hierdie keer was die rit sonder teëspoed en die Kalahari Oumotorklub het na al die jare van deelname ons eie spesiale uitstalruimte. 
Die waarde van die agt 300SL Mercedes Benz karre wat uitgestal is, word gereken op ongeveer R200 miljoen. Upingtonklub het onder andere drie W115 Mercedes Benz motors van 1969, 1972 en 1973 uitgestal soos op die foto. 
Die oudste motor wat vanjaar die rit meegemaak het was Gerrie Horn se rooi 1959 Ford Fairlane. 
Lede wat die rit met sy voertuig doen word in die klub vereer met ‘n spesiale balkie wat op die lid se klubhemp vertoon kan word.  
Die meeste van die lede het oudergewoonte in ‘n skoolkoshuis op die uitstalgronde gebly en was dus deel van alle bedrywighede wat die naweek plaasgevind het. 
Elke uitstaller was uitgenooi om Saterdagaand ‘n gesellige geleentheid by te woon waar gaste getrakteer was op ‘n baie lekker ete en die musiek van ‘n tradisionele Duitse Oompah orkes waar ‘n Hofbrauhaus atmosfeer geheers het en gaste spontaan saamgesing het op tradisionele Duitse volksliedere.  
Die terugtog was soos gewoonlik oor twee dae en ten spyte van besondere warm Noord-Kaap temperature op Maandag met motors sonder lugverkoelers bly hierdie naweek ‘n unieke belewenis. 
Die Kalahari Oumotorklub gaan vanjaar weer ‘n groot verskeidenheid veteraanmotors by die Upington Skou uitstal. Alle lede van die publiek wat die skou besoek word hartlik uitgenooi om die stalletjie te besoek, om die nostalgie van die verlede met die ou motors wat uitgestal word, te kom ervaar.