Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-TWEE RIVIEREN: Wêreldveldwagterdag word wêreldwyd op 31 Julie gevier en vanjaar het die Kgalagadi Transfrontier Park dit by die Twee Rivieren Ruskamp gehou.
Leerders en personeel van Laerskool JJ Adams, asook veldwagters van die verskillende kampe, het die vieringe bygewoon.
Wêreldveldwagterdag word wêreldwyd op 31 Julie gevier ter herdenking van veldwagters wat in die uitvoering van diens dood of beseer is. Dié dag word ook gehou om die werk te vier wat veldwagters doen, om die planeet se natuurskatte en kulturele erfenis te beskerm, asook om biodiversiteit vir toekomstige geslagte te bewaar.
Senior veldwagter Micho Ferreira (Nossop) het genoem dat 140 veldwagtersterftes wêreldwyd in 2023 aangemeld is. Oor die afgelope 10 jaar is 1 319 veldwagtersterftes aangemeld.


Na die inligtingsessie het die veldwagters die leerders vergesel op ‘n veld inligtingsuitsappie.
Micho Ferreira het by Leeudril gesels oor hoe water in die park verskaf word en van die ander veldwagters het veldplante wat in die park voorkom, bespreek.
Daarna het die spoorsnyers, onder leiding van Sydney Eiman, Jannie Bok en Andries de Waal  verskillende diere spore aan almal uitgewys en verduidelik waarna ‘n mens moet kyk om verskillende spore uit te ken.
Laastens het die veldwagter John Bezuidenhout gesels oor die grensdrade van die park en hoe dit patrolleer en herstel word.
Daarna het almal teruggekeer na Twee Rivieren en ‘n heerlike middagete genuttig, voordat die leerders teruggekeer het na Askham.