Hoëdigtheid-operasies onder die vaandel van Operasie Shanela is die afgelope week regoor die Noord-Kaap uitgevoer - om trio-misdade, kontakmisdade, dwelm- en alkoholverwante misdade en eiendomsverwante misdade aan te spreek.
Die multidissiplinêre spanne in al vyf distrikte het gesamentlik 292 misdadigers opgespoor, waarvan 116 gesoekte verdagtes is wat deur speurders in hegtenis geneem is tydens opsporingsoperasies.
Padblokkades, voertuigkontrolepunte, asook hoësig-patrollies is uitgevoer, waardeur 5060 persone en 2219 voertuie voorgekeer en deursoek is.
Bykans 300 verdagtes vas tydens Operasie Shanela
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode