Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: ’n Multi-agentskap-operasie in Upington het beduidende resultate opgelewer toe wetstoepassers onwettige bedrywighede vasgevang het.
’n Woordvoerder van die ZF Mgcawu-distrikspolisie, sers. Omphile Masegela, het gesê die “Operasie Shanela”-inisiatief was gerig op onwettige dobbelary, tweedehandse goederehandelaars wat nie voldoen nie, drankhandelaars en taxi-operateurs.
Masegela het gesê die operasie is op 25 Julie uitgevoer en het beamptes van die Upington SAPD, Grenspolisie, Openbare Orde Polisie en K9-eenhede sowel as Munisipale Verkeersbeamptes betrek. Dit het taxi-staanplekke, tweedehandse goederewinkels en vermeende onwettige drankafsetpunte geteiken.
Nakomingsinspeksies het by die plaaslike taxi-plaza en tweedehandse goederewinkels plaasgevind. 


Taxibestuurders het boetes vir verkeers-oortredings van altesaam R3 400 ontvang, en boetes vir onwettige dobbelary van      R1 200 is uitgereik.
Owerhede het ook ‘n woning ondersoek wat verdink word van onwettige drank- en dwelmhandel. 
Alkohol en dagga met ‘n geraamde straatwaarde van R70 150 is op die perseel ontdek. 
Die polisie het op drank ter waarde van R7 176,15 beslag gelê en ‘n 29-jarige vrou in hegtenis geneem.
Masegela het gesê die polisie sal voortgaan met hul “robuuste optrede” om misdaad in die gebied te bekamp.