Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-SOEBATSFONTEIN: ’n Verwoestende brand by ’n woning in Soebatsfontein in die Namakwa-distrik   het die naweek die lewens van drie kinders geëis.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Hondeklipbaai ondersoek tans die voorval.
Volgens provinsiale polisiewoordvoerder, kolonel Cherelle Ehlers, het die brand Saterdagoggend omstreeks 07:00 by die koshuis uitgebreek. 
Binne die  huis het ’n hartverskeurende toneel homself afgespeel. 
Whilnique Theorize Adonis, Waylon Gaenor Adonis en Waylene Shamiela Adonis  was in hul huisie toe ‘n brand ontstaan het.
 Hulle het doodgebrand.

 
Die mamma het vermoedelik tevergeefs probeer om hul te red.  
Met aankoms op die toneel het die polisie  die 25-jarige mamma met ernstige brandwonde  buite die huis gevind.
Die slagoffers,  twee meisies, albei agt jaar oud en ‘n tweejarige seuntjie, is dood in ‘n slaapkamer gevind.  
Ehlers het gesê die oorsaak van die brand word nog ondersoek.
Die kantoor van die uitvoerende burgemeester van Namakwa Distriksmunisipaliteit, rdl. Mervin Cloete, het saam met lede van sy kantoor Soebatsfontein besoek “om die nagevolge van die brand te aanskou en persoonlik medelye met die bedroefde familie te betuig.”
Cloete en sy span het hul innige simpatie betuig met die familie en die gemeenskap wat deur hierdie hartverskeurende gebeurtenis geraak is.
Na afloop van die besoek aan Soebatsfontein is die afvaardiging na die Springbok-hospitaal, waar ‘n kort gebedsessie vir die beseerde ma gehou is, voordat sy na die Upington-hospitaal oorgeplaas is vir verdere behandeling. 
“Ons bid steeds vir haar vinnige herstel en genesing. In ons verbintenis om die gesin te ondersteun gedurende hierdie moeilike tyd, het die kantoor van die uitvoerende burgemeester gereël dat beradingsdienste aan die gesin verskaf word. Ons verstaan ​​die diepgaande emosionele impak van  hierdie tragedie en is toegewyd daaraan om alle moontlike bystand te bied om te help met hul hante-ring en herstel.”
Die afvaardiging het ook hul opregte waardering betuig aan die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling vir hul besonderse ondersteuning. Ten spyte daarvan dat dit ‘n Sondag was, het hul maatskaplike werkers hulself beskikbaar gestel om bykomende bystand en ondersteuning aan die familie te bied.