Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die polisie in Upington ondersoek ‘n saak van inbraak en diefstal - na aanleiding van ‘n voorval waar daar by ‘n winkel ingebreek is en selfone ter waarde van R 678 000 uit die winkel verwyder is.
 Lede van die Rhino Security-maatskappy het die polisie in kennis gestel, nadat hulle  Saterdag-oggend omstreeks 04:00 selfone in ‘n sak buite Dunns Store ontdek het.
Dit het gevolg nadat hulle beheerkamer ver-dagte beweging agter die geboue waargeneem het. Rhino se gewapende reaksie span het dadelik gereageer en na ondersoek van die toneel op die fonds afgekom.


Die toerusting wat gebruik is om toegang te verkry, is ook op die toneel gevind, maar geen verdagtes is gevind nie. 
Geen arrestasies is nog gemaak nie en enig-iemand met inligting wat kan help om die verdagte(s) vas te trek, kan die ondersoekbeampte ao Salamon Van Wyk kontak by 076 022 3528.  Die ondersoeke duur voort.
Intussen het Rhino Sekuriteit Upington en AfriForum Upington bekend gemaak dat hulle gaan hande vat om misdaad in die dorp te beveg.
Beide Rhino Sekuriteit Upington en AfriForum Upington voel baie sterk oor die veiligheid van alle Dawid Kruiper Municipality gemeenskappe. 
Hierdie gedeelde passie het gelei tot ‘n volhoubare same-werkingsooreenkoms tussen die twee orga-nisasies.
 As jy deel is van AfriForum - is jy nou deel van Rhino Sekuriteit Upington se gewa-pende reaksie groep.
 Vir geen verdere kostes word jy nou deel van die wenspan. 
Vir verdere inligting kan u die Rhino Security Upington se be-stuur bel by 083 703 0500 of direk met Werner  Strauss, Noord-Kaapse koördineerder vir Afriforum praat.  Sy nr is 0812171752.