Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

MARYDALE:  ‘n Mensjagtog in Marydale het die arrestasie van ‘n huisroofverdagte en die terugwinning van gesteelde goedere verseker.
Op Saterdag, 14 Oktober 2023 omstreeks 17:30 het die 18-jarige verdagte die plaashuis naby Marydale binnegegaan - onder die voorwendsel om water van die bejaarde vroulike plaaseienaar te vra. Die verdagte het na bewering die 66-jarige slagoffer oorval en ernstig aangerand en in die gesig en kop gesteek.
Die verdagte het met twee selfone, voertuigsleutels, verkykers, alkohol en ‘n koelboks gevlug.


Die polisie het gereageer en die slagoffer is vir mediese behandeling by ‘n plaaslike hospitaal vervoer.
Die polisie het al die nodige hulpbronne en naburige stasies geaktiveer, insluitend Marydale SAPD, reserviste, Prieska misdaadvoorkomingseenheid, Upington SAPD K-9 eenheid en plaaslike boere wat gehelp het met die soektog en aanhouding van die verdagte.
Die span het die verdagte Maandag, 16 Oktober 2023 om 06:00 op ‘n plaas naby Vanwyksvlei opgespoor en gearresteer en die gesteelde eiendom teruggekry.
Die verdagte word van huisroof en poging tot moord aangekla en sal binnekort in die hof verskyn.
Die Pixley Ka Seme-distrikskommissaris, genl.maj. Nomana Mtukushe het die SAPD-lede en die plaaslike boere en boerderygemeenskappe geloof vir hul vinnige reaksie en meedoënlose pogings wat gelei het tot die arrestasie van die oortreder.