Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KLEINSEE: Die Noord-Kaapse SAPD het die afgelope week op verskeie onwettige myners in die Namakwa-distrik toegeslaan.
Op 2024-01-09 om ongeveer 10:00 het lede van die SAPD se Vala Umgodi-span- saam met ‘n privaat sekuriteitsmaatskappy - ‘n operasie in die Namaqua-distrik uitgevoer.
Die span het ‘n gebied deursoek - waar daar beweer word dat onwettige mynbou plaasvind.  Vier mans is in myngate gevind en in hegtenis geneem.
Twee ongedokumenteerde Zimbabwiese burgers van 17 en 39 jaar oud, sowel as twee Suid-Afrikaanse burgers van 29 en 30 jaar oud, is in hegtenis geneem op ‘n aanklag van onwettige mynbou.


Daar is beslag gelê op mynboutoerusting ter waarde van ongeveer           R2 600, wat vermoedelik in die pleging van onwettige mynbou gebruik is. 
Daar is ook beslag gelê op diamantdraende gruis.
Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.
 Lede van die Openbare Orde Polisie wat Operasie Vala Umgodi uitvoer, het Woensdag 10 Januarie 2024 nog deursoekings- en beslagleggingsaksies in die Namaqua-distrik uitgevoer.
Altesaam 13 onge-dokumenteerde persone is gearresteer.
Twaalf ongedokumenteerde Lesotho-burgers tussen die ouderdomme van 23 en 45 en een ongedokumenteerde Zimbabwiese burger van 45 jaar oud, is aangekeer.
Daar is beslag gelê op 190 items, wat vermoedelik gebruik word in die pleeg van onwettige mynbou, insluitend: tang, jackhammers, bore, kolligte, slypmasjiene, kragopwekkers, grawe, sandsiwe, pikke, beitels, handhamers en skroewedraaiers.
Operasie Vala Umgodi sal onverpoosd voortgaan om onwettige mynbou hok te slaan.