GEMSBOK-KURUMAN: Die Adjunkminister van Water en Sanitasie, mnr. Sello Seitlholo, het ‘n toesighoudende besoek aan die rioolterreine by Die Oog van Kuruman en Wrenchville afgelê.
Die doel van die besoek was om die stand van waterbesoedeling in die gebiede te bepaal.
Die inspeksie het verder ten doel gehad om uitdagings en geleenthede vir verbetering in waterbestuur en besoedelingsbeheer te identifiseer.
Die Noord-Kaap is die laaste provinsie wat deur die Adjunkminister, in sy pogings om die regulering van die watersektor te versterk en om toesig te hou oor nakoming en afdwinging in terme van die bestuur van besoedeling van waterbronne, besoek is.
Die inspeksie is uitgevoer saam met vergaderings om oplossings te vind met die Ga-Se- gonyana Plaaslike Munisipaliteit, Vaal Sentraal as die provinsiale waterraad en ‘n rolspeler in die water- en sanitasiesektor, die Vaal-Oranje Opvanggebiedbestuursagentskap (VOCMA), sowel as die provinsiale Departement van Water en Sanitasie.