Hamilton Andries, voorsitter van LTN-Education, is ‘n welsynsorganisasie wat kinders hul waardigheid wil teruggee. Hy en sy groep ondersteuners koop skoolskoene en gee dit aan behoeftige kinders. Hy sê hy vra sommer onder sy vriende en kennisse om hom te help in sy veldtog. “Dis nou winter en koud, baie kinders se skoene is stukkend of hul skoolklere word te klein, dan help ons hulle so. Dis ‘n riem onder ons harte as ons sien hoe bly die kinders is vir hul nuwe skoolskoene. Hy bedank ook Michael September, Houston Puley, Niklaas van Nel, raadslid Basten Jood, juff J.de Wee, Gregory Christie wat hom help met die skoolskoenprojek.