Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: As deel van die Afrikaans 100-feesvieringe het ATKV Jeugtak-lede ‘n opwindende toer na Pretoria onderneem.
‘n Bussie van 13 Velties en drie onderwysers het op 7 Mei vertrek en by ATKV Buffelspoort oornag. Daar het hulle na ‘n fliek van “Boelies is nie Cool nie”, gekyk en langs die warmwater swembad gebraai.  ‘n Eende-gesin het saam met die leerders geswem. 

Donderdag, 8 Mei, is die 100ste verjaarsdag  van Afrikaans landswyd gevier.


Die Veltie-toergroep het die dag begin met ontbyt, geborg deur die Rooiduin ATKV-tak. Die volgende besoekpunt van Gold Reef City met ondergrondse myntoer asook pretritte of liewer “gilritte”op die Anaconda en Tower of Terror. 
Die dag is afgesluit deur die bywoon van die Afrikaans 100-konsert en tradisionele ete by Affies (Afrikaans Hoër Pretoria). 
Vrydag, 9 Mei het die Veltie-redenaars deelgeneem aan die Con Sperito Slypskool wat by die Voortrekker Monument aangebied is.
‘n Toer deur die monument en ‘n kampustoer  by die Universiteit van Pretoria, het hierdie heerlike toer afgesluit.
Afrikaans en ons kultuur is vir almal by Hoërskool Duineveld baie belangrik. Deelname aan redenaarskompetisies is vir hulle ‘n groot lekkerte.