Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Hierdie een het Defence Force Collegians (DFC) deur sy vingers laat glip. 
In Saterdag se titaniese kragmeting met Upington Dorp op die Unieveld het DFC se hanteerwerk en by drie gulde geleenthede om vroeg in die wedstryd drie sekere drieë te druk, hom lelik in die steek gelaat en sodoende Dorp toegelaat om hierdie belangrike halfeindstryd met 12-10 te wen.
Die wedstryd is in winderige speeltoestande gespeel en Dorp het sy min kanse deeglik gebruik om uiteindelik as oorwinnaars van die veld te stap. Met rustyd was DFC met 5-0 voor danksy ‘n manjifieke individuele solopoging deur sy linkervleuel Juju van Rooyen toe hy verskeie teenstanders na vars lug laat gryp het

Ná die rusperiode het Dorp met nuwe vuur begin speel en hul voorspelers het met mening ingeklim. Na nog ‘n flater deur DFC het Dorp se regtervleuel Bertus Peens die bal opgepik en ver genael om langs die pale oor te skuif vir ‘n skitter-drie. Connie de Jager slaag met die vervyfskop en skielik was Dorp teen die verwagting in voor met 7-5. DFC het sy reserwes opgestuur wat nuwe krag in sy agtal meegebring het. Hulle het die oorhand begin kry en Dorp se voorspelers swaar laat leef in die vasteskrums. Maar hoe dit ook al sy, kon hulle net nie die nodige bresse slaan teen Dorp se rotsvaste verdediging. Vanaf ‘n vyfmeter- lynstaan is Dorp se woelige slot Craynauw Day oor vir sy span se tweede drie. Kort voor die einde het Ethan Oor DFC se tweede drie gaan druk ná kragspel deur hul voorspelers. Vir Dorp het Day ‘n barshou gespeel. Sy verwoestende stormramlopies het DFC laat bontstaan. Aan die verloorspan se kant het Dehaan Jacobs (losskakel) en Van Rooyen uitgemunt. Die skeidsregter Wally Crous het die wedstryd goed beheer en gewys waarom hy tans die voorste blaser is.