Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Onder leiding van mnr. Raymond Esterhuizen, het Upington Kampus hierdie jaar, hul eerste Landloop-span gestig. Hierdie studente het aan verskeie liga geleenthede in die plaaslike omgewing deelgeneem om hul potensiaal op so ‘n wyse te bevorder. 
Sewe studente het gekwalifiseer om die Noordwes-Kaap Atletiek span te verteenwoordig by Atletiek Suid-Afrika (ASA) se Nasionale Landloop Kampioenskap. Bekende atleet, mnr. Ruben Ramolefi, het onskatbare waarde as afrigter toegevoeg deur hierdie atlete sterk en fiks te kry in aanloop tot die kompetisie. 
Hierdie geleentheid het plaasgevind op Saterdag, 7 September 2024, te Vanderbijlpark in Gauteng.

Meer as 4200 van Suid-Afrika se top landloop atlete het teen mekaar meegeding. Die studente het in hul onderskeie ouderdomskategorieë, ‘n 4km roete aangedurf wat hoogs tegnies was met vele uitdagings. Alhoewel geen medaljes deur ons verower was nie, het die studente die geleentheid gehad om hul eie tye in voltooiing van so ‘n wedloop, te verbeter. 
Dit was vir die kollege se atlete ‘n ongelooflike leerskool en het hul gemotiveer om in komende geleenthede met nog meer toewyding en ervaring, deel te neem. Verskeie personeellede van Upington Kampus was ook amptelik betrokke by die geleentheid. Mnr. Edwin Sago en me. Rachelle Galloway het opgetree as spanbestuurders van die Noordwes-Kaap Atletiekspan en mnr. Shandrey Mienies as tegniese beampte op die baan.