Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Tentpegging in die Noord Kaap het die afgelope tydperk so gegroei dat daar ‘n mans merietespan gekies kon word, sowel as ‘n damespan, om die Noord Kaap te kon verteenwoordig tydens die ITPF 2024 wat by Howick gehou is.
Die mansspan wat gekies is, was Willem Nortje Upington, Basie Nel Bloemfontein, Andre van Niekerk Kakamas en Johan van Niekerk Kakamas. 
Al vier ruiters verteenwoordig die Kakamas Klub. Bonties Viljoen was reserwe sowel as spanbestuurder van die twee Noord-Kaap spanne. Die vier dames in die span was Cecilia van Niekerk Kakamas, Elriena Cilliers Danielskuil, Anja Viljoen Danielskuil en Elzeri Nel Bloemfontein.


Gure weersomstandighede en erge sneeu het dit amper gekniehalter, maar op die nippertjie kon die ITPF 2024 plaasvind. Die kompetisie was baie sterk tussen die provinsies, maar die Noord-Kaap Mansspan het weggeloop met die louere as die algehele kampioene vir 2024.
Die damesspan het tweede geëindig onder die damespanne en algeheel 9de geëindig.
Die ITPF is ‘n kompetisie wat net uit seksie items bestaan. ‘n Seksie is 4 ruiters met hulle perde wat as ‘n span gesamentlik deelneem.  Dit word beoordeel en beslis op die volgende: Akkuraatheid, spoed en hoe netjies die vier ruiters kan saamry. 
Die items was: 
Seksie Swaard: Noord-Kaap mans, tweede.
Seksie Lans: Noord-Kaap Mans, eerste.
Indian File Swaard: Noord-Kaap Mans,tweede.
Indian File Lans:  Noord-Kaap Mans, derde.