Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KAKAMAS: Ruiters van die Kakamas Tentpegging Klub het vanjaar aan die Tentpegging Nationals gaan deelneem wat in Howick, Kwazulu-Natal gehou is.
Die afstand was uitmergelend op die perde en die kompetisie was baie sterk, maar  die ruiters en perde het hulle goed van hulle taak gekwyt.
Die “Nationals” ry jy as volg:  Die span bestaan uit vier ruiters en ook halfseksie, dan ry net twee ruiters op ‘n slag. Daarna ry elke ruiter ook enkel items en op die einde van die kompetisie word die punte opgetel vir elke ruiter se eie individuele punte, waarvolgens die Protea-spanne ensovoorts verkies word. Daar word ook wenners van seksie items sowel as half seksie wenners, aangewys.


Die Kakamas-span het bestaan uit Willem Nortje Upington, Basie Nel Bloemfontein, Andre van Niekerk Kakamas en  Cecilia van Niekerk Kakamas.
Die span behaal die volgende plekke: 
Seksie Swaard, eerste.
Seksie Lans, tweede.
Indian File swaard, derde
Indian File Lans, tweede.
Die Kakamas-seksie het die algehele eerste plek vir Seksie items gewen.
Willem Nortje  het ‘n volhuis van 192 behaal en wen gesamentlik met Johan Jordaan die “Best Man At Arms” en die twee ruiters is gesamentlik as die twee Nr 1 ruiters vir die 2024 Protea-span verkies wat Suid Afrika 2025 in die buiteland sal gaan verteenwoordig. Hulle gaan probeer om vir Suid-Afrika te kwalifiseer om in 2026 aan die Wêreldbeker te kan deelneem.
Willem Nortje wen ook “Best Man At Arms” vir ruiters bo 50.
Willem Nortje verower ook ‘n tweede plek in Lemoen en Pen.
Willem Nortje verower ook die trofee vir die “Bes Versorgde Perd” tydens die toernooi, ‘n prestasie waarop Willem die trotste van al sy prestasies is omdat sonder ruiters se perde, hulle nie goeie prestasies kan behaal nie. 
Cecilia van Niekerk behaal die Dames Protea-span.
Basie Nel behaal die President-span.