Die beleërde rugbyklub United, wat tot dusver vanjaar nog nie ‘n oorwinning kon behaal het in die ZFM-kompetisie nie, het Sater-dag op die Unieveld so byna teen die verwagting vir ‘n verrassing gesorg toe hy met 15-19 vasgeval het teen Sunwolves.
Die rustydtelling was 5-7 in Sunwolves se guns.
United se voorspelers met die loskopstut Shane Beukes en die agsteman JC Tyers aan die voorspits het die stryd voorlangs oorheers.
In die 20ste minuut het JC Tyers die eerste drie gaan druk ná ‘n stormloop deur hul voorspelers.
Kort voor rustyd het Sunwolves se heelagter Junior de Hark gaan druk en die senter Royston Isaaks het verdoel (7-5).
In die tweede helfte het Sunwolves se regtervleuel Eldovano Dick twee drieë gedruk waarvan Isaaks een verdoel het (19-5).
United het nie gaan lê nie en sy voorspelers het met verwoede aanvalle geboer op Sunwolves se doellyn.
In die laaste 10 mi-nute van die wedstryd het United se regter-vleuel Dawie “Kalahari Express” du Plessis en die vaskopstut Lyle van der Colff drieë gedruk (15-19).
“Ek is tevrede met veral die eerste helfte wat ons oorheers het maar ons uitvoering was nog nie wat dit moet wees nie”, het United se afrigter Reynald Isaks ná die wedstryd gesê. “Ons sal nou net moet harder werk om ons hanteerfoute en die verkeerde opsies uit te stryk”, het Isaks gesê.
* Upington Dorp speel Saterdag (19 Julie) teen Kenhardt op die Eiland-stadion. DFC meet kragte met Sunwolves en Keimoes rugbyklub pak Kakamas in Keimoes.