Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINTON: Die Upington Rolbalklub het met die aanbreek van die nuwe rolbal seisoen reeds begin stempel afdruk in die Kalahari Subdistrik sowel as Noord-Kaap Rolbal.
Tydens die onlangse Kalahari Dames Enkels in Beeshoek, het Susan Leeuwner en Marietjie v/d Bergh onderskeidelik eerste en tweede geëindig. 
Beide het die naweek daarna Kalahari SD in Kimberley verteenwoordig teen die ander subdistrikte van Noord-Kaap. Marietjie het die klub se naam hoog gehou en ondanks sterk teenstand as algehele wenner uit die stryd getree as Noord-Kaap Dames Enkels Kampioen vir 2024.

Nege van Upington Rolbalklub se spelers naamlik Marietjie v/d Bergh, Susan Leeuwner, Sonja Brand, Trix Basson, Maryka v/d Westhuizen, Michael Siepker en Le Roux Fourie is ook ingesluit in die Noord-Kaap spanne, wat die provinsie gedurende Maart 2024, in landwye interdistrik kompetisies gaan verteenwoordig. 
Twee junior lede, Nadia Botes (Onder 18) en Andrei Matthee (onder 25) is ingesluit in die junior Noord-Kaap spanne.