Pa se nek in motorongeluk gebreek
Klerksdorp Rekord, Orkney - Een van die mans wat verlede week by ‘n rooi verkeerslig gewag het om te ry, se nek is gebreek toe ‘n nutsvoertuig tromp-op in hul vasjaag.
Die botsing het op Vrydagoggend 1 Maart by die kruising van Ian- en Chris Hanistraat gebeur. Toe Klerksdorp Rekord op die toneel kom, het paramedici reeds begin met noodbehandeling op die 73-jarige Willem Coetzee van Vierfontein. Hy en sy seun was onderweg huis toe vir die naweek vanaf Rustenburg waar hulle in die konstruksiebedryf werk.