Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Augustus is orgaanskenkingsmaand en vir Maryke Gird is dit ‘n liefdestaak daarom doen sy ‘n beroep op mense om as orgaanskenkers te registreer.
Dié laerskoolonderwyseres van Klerksdorp se reis met orgaanskenking is wel bekend nadat twee van haar kinders in 2007 albei hartoorplantings ondergaan het. Die betaalkanaal M-Net het ‘n dokumentêre televisiereeks oor Melanie en haar kleinboet, Trevor uitgesaai.