Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Een van die stad se mees bekende prokureurs is vandeesweek oorlede. Johan Friedrich (74) is op Dinsdag 4 Maart in Pretoria oorlede.
Volgens sy jongste dogter, Henriette van der Zwan, het hy ‘n beroerte gehad. Friedrich het in 2020 Covid gekry en nooit heeltemal herstel nie.
“By tye was sy longfunksie maar 13%. Hy was die laaste jaar bedlêend. My ma se dood in Augustus verlede jaar het hom erg geknak. Hulle was 52 jaar getroud. Hulle het op universiteit ontmoet,” sê sy.













