Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Record, Klerksdorp - “We are not construction mafia. You can’t label us like that. We represent the poorest of the poor and will continue doing that.’’

This is how an upset Mzukisi Jam reacted to the report in last week’s Klerksdorp Record in which he was identified as one of the trespassers against whom a court order was issued earlier barring him from the construction site in Buffelsdoorn Road. Jam is provincial spokesperson of the South African National Civic Organisation (SANCO).

Read more …No mafia, but helping the poor

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die afsterwe van JC Nel, geliefde gemeenskapswerker en die wewenaar van die gestorwe raadslid Petro Nel wat in ‘n vliegtuig-ongeluk in Nepal oorlede is, word diep betreur.

JC het kanker gehad. Sy seun, Juan, het bevestig dat hy en sy broer langs hul pa se siekbed was. JC is op Sondag 25 Augustus in Wilmed Park oorlede. Hy was 74 jaar oud. “My pa het 13 jaar - sedert 2011 - teen kanker gestry. My ma se vliegongeluk in 2015 het dit net vererger. Die personeel by Onkologie het die familie verlede week laat weet om voor te berei vir sy dood. 

“My broer, Johnny, het van Engeland ingevlieg en my pa het hom nog herken en sy hand gedruk,” vertel Juan.

JC was afgetree en het as bourekenaar gewerk. Hy het nog op konsultasiebasis gewerk. Hy is in Boksburg gebore, het op Zeerust skoolgegaan, by Kovsies studeer en na sy studies eers in Welkom en toe in Klerksdorp gewoon. 

Hy was lid van Klerksdorp se Rotariërs en het al ‘n termyn as president gedien. Hy sou weer die stoel vol sit, maar het dit van die hand gewys as gevolg van sy siekte.

“Ons is baie hartseer en ons mis nog steeds my ma. Ons weet hy is nou sonder pyn en by haar,” het Juan gesê.

JC se roudiens vind op Donderdag 29 Augustus om 14:30 by die Morester-gemeente langs die N12 plaas.

More Articles …