Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Gebed het die Brits-egpaar regop gehou toe hulle die afgelope naweek van hul jongste kind moes afskeid neem.
Maya Brits (10) is op Saterdag 11 Januarie by die Leefstyl Volle Evangelie Kerk in Klerksdorp gegroet. Haar laaste rusplek was in ‘n melkskommel pienk kis. Groot sagte teddiebere het saam vertrek na die krematorium op Viljoenskroon waar sy veras is. Pa Pieter en ma Cathy was daar om finaal afskeid te neem.