Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die nasionale trompoppiekampioenskap word volgende maand in Klerksdorp aangebied.

Die “Dance Drill, Cheerleading & Majorette Sport SA” se nasionale kampioenskap sal plaasvind van 12 tot 17 Julie by Hoërskool Wesvalia.

Kom kyk hoe SA se beste trompoppies en dansers hul talent, gees en dissipline op die nasionale verhoog vertoon. 

Bring jou vriende en jou stem - kom moedig die atlete aan en vier die passie van prestasiesport. 

Kaartjies is nou beskikbaar via Quicket. Kaartjies kos R70 per dag vir volwassenes, R50 per dag vir pensioenarisse en R30 per dag vir kinders jonger as 12. ‘n Kampioenskapspas sal jou R360 kos.

 

 

 

 

Hilda het dit gedoen! Hilda Louw, ‘n ouma van tagtig jaar, het op Saterdag 21 Junie haar 300ste parkrun voltooi. Haar mede-parkrunners het haar gelukgewens en heerlik saam koek geëet. Volgens Bridget Kleu, direkteur, is Hilda ‘n voorbeeld vir ander en gee sy nooit op nie.

 

 

 

 

 

 

 

The Stilfontein Netball Club, a community netball team, competed in the recent Dr KK Netball trials held at the NWU, and secured third place. This was a historic moment for the players, as many of them have trained tirelessly despite limited resources. Pictured are Mase Sebeela, Masego Mogale, Kekeletso Motholo, Coach Lesego Kgwasi, Bonolo Mathivha, Boikanyo Kgwasi, Reabetswe Mofokeng, Motlagomang Mokoto and (front) Rethabile Motsamai, Kutlwano Manoko, Omphemetsi Tebakae and Kitso Oganne.

 

 

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Twee sussies van Hoërskool Schoonspruit is in die SA-skole hengelspan opgeneem.  

Melanie en Yolandie Jankowitz is albei verkies om die land te verteenwoordig by die SAFBAF (Suid-Afrikaanse Varswater Oewerhengel Federasie) toernooi wat 4-8 Oktober by Bloemhofdam plaasvind. Dit is die eerste keer dat twee sussies vir die SA-span gekies is.

Kostes om deel te neem aan die toernooi beloop ongeveer R11 500 per hengelaar.  Dié sussies benodig hulp om hul deelname aan die kompetisie moontlik te maak. Skakel die skool vir meer info as jy dalk kan help om hul daar te kry. 

More Articles …