Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Sesjarige ruiter van Klerksdorp, Riané Groenewald, op haar perd Farris, het die SA-kampioenskap (SANESA) gewen.
Die Letaba Uithourit het vroeër die maand in Polokwane plaasgevind waar Riané en Farris die enigste deelnemers van Noordwes was wat in die 40 km afdeling deelgeneem het. Riané is deel van Azar-Ali Endurance en dit is die verste wat een van die klub se perde gereis het om aan ‘n byeenkoms deel te neem.