Klerksdorp fotograaf Nicci van As het verlede maand dié foto van Libbie Janse van Rensburg in Kaapstad geneem waar sy ‘n drie druk om haar die voorste puntemaker as Springbok vrouerugbyspeler te maak. Met die drie het sy die rekord gebreek vir die vrouespeler wat tot dusver die meeste punte in vrouerugby aangeteken het. Nicci vertel sy het bloot per toeval langs die rugbyveld geland toe sy en haar dogter, Benita Evans, om media akkreditasie aansoek doen nadat hulle gesien het die Springbok Vroue speel teen Spanje by die DHL Kaapstad Stadion. Ma en dogter is ywerige fotograwe en moes ‘n portefeulje van hul aksiefoto’s voorlê voordat hulle as fotograwe toegelaat is. Dit was vir albei ‘n onvergeetlike ervaring. “Ons het tot parkeerplek in die stadion gekry en kon saam met die media eet en kuier! Dit was ‘n absoluut onvergeetlike ondervinding om daar saam met die professionele ouens van Gallo en Getty Images langs die veld te sit, ons die enigste vroue, behalwe vir KFM se vroue-fotograaf!’’
Onnie ryg pryse in
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Jong onderwy-seres van die stad ryg die pryse in by liggaamsboukompetisies.
Sarah-lee Havenga (23) is ‘n leerkrag by Little Lea-ders Exclusive en gim by Fitness Zone Gym.
Die donkerkop het op Saterdag 28 September in Pretoria aan die IBFF Jacaranda Classic Fire & Ice deelgeneem en met ‘n eerste en ‘n tweede plek terug-gekeer.
Sy het die Ms Fitness Model in die kategorie vir onder 1.68 gewen en was tweede in die afdeling Beach Bikini in dieselfde kategorie. Sy neem op 26 Oktober aan die IBFF Universe kompetisie deel.
Koue weer, warm gees by Sewesfees
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die 14de Sewesfees was weereens ‘n wenner, al het die weer nie saamgespeel nie. Die onverwagse winterweer het ‘n bietjie van ‘n demper op die aktiwiteite geplaas wat die naweek plaasgevind het.
Die aksie was egter vuurwarm en al het van die toeskouers eerder tuis gebly, het al die spanne wat vir die verskillende sporte ingeskryf het, darem opgedaag.
Vlakvarke vrees nie die koue
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Vlakvark-wedloop het die afgelope naweek plaasgevind en hoewel ysige weer waarskynlik mense tuis gehou het, het daar steeds naby aan 300 atlete opgedaag vir die jaarlike wedloop deur die Faan Meintjes Natuurreservaat.
Die reservaat se paaie was baie mooi geskraap en met die koue weer kon die top atlete goed litte los maak en goeie tye is behaal op al die afstande. Die Rotariërs het ‘n groot vuur aangesteek en almal het daar vergader waarna hulle gesorg het vir heerlike worsbroodjies.
‘n Renoster het vir bietjie konsternasie veroorsaak en atlete wat die 21km afgelê het moes eers briek aandraai vir die ou grootte om oor die pad te kom voordat hulle weer kon verder hardloop.
Medaljes vir skopboksers
Klerksdorp Rekord, Stilfontein - The Battle of the East, Brakpan-skopbokstoernooi het op 7 September plaasgevind.
Agt studente het deelgeneem en Stilfontein trots gemaak. Hulle het tien goue, drie silwer- en drie bronsmedaljes teruggebring.