Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Sewesfees is ‘n jaarlikse instelling en ‘n hoogtepunt op die plaaslike sportkalender.
Die 15de fees het die afgelope naweek by KHS plaasgevind, na maande van beplanning. Die fees met sy spyskaart van rugby, netbal, hokkie, dodgeball en musiek het op Vrydag 3 en Saterdag 4 Oktober plaasgevind, met gholf en rolbal wat die vorige naweek aangebied is.













