Die Hoëveld hengelklub in Potchefstroom se jaar het met ‘n prysuitdeling begin wat op Saterdag 8 Februarie op Stilfontein gehou is. Die klubkampioene is Ruandré Roux (mans), Adriaan Stoltz (junior) en Deanette Groenewald (vroue).
Die Hoëveld hengelklub in Potchefstroom se jaar het met ‘n prysuitdeling begin wat op Saterdag 8 Februarie op Stilfontein gehou is. Die klubkampioene is Ruandré Roux (mans), Adriaan Stoltz (junior) en Deanette Groenewald (vroue).
Klerksdorp Rekord, Orkney - Die NW Driekampkampioenskap het die afgelope naweek plaasgevind en ten spyte van die hittegolf het Klerksdorp se atlete baie goed gevaar.
Atlete was almal verheug dat die higiënegehalte van die Vaalrivier uitstekend was, wat die swembeen moontlik gemaak het. Die kampioenskap het op Saterdag 1 Februarie plaasgevind.
Die Supersprint-kategorie is vir atlete van 12 tot 15 jaar en behels ‘n aaneenlopende 400 m swem, 10 km fietsry en 2,5 km hardloop. Lene Bester van Laerskool Saamtrek was die wenner van die o13-meisies-ouderdomsgroep.
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Gauteng senior Jukskei-ope het verlede naweek plaasgevind.
Dit het op 1 Februarie op Gauteng Noord se bane in Pretoria plaasgevind en kookwaterjukskei is gespeel. Noordwes het uitnemend gevaar en die man’s A1-span en Ope 1-span het goud gewen.
Noordwes het tien spanne ingeskryf. Die veterane A2- en Ope 2-spanne het silwer gewen.
Enigiemand wat wil leer speel, kan gerus vir Jan van der Westhuizen by 079 910 2581 skakel.
Klerksdorp Rekord, Potchefstroom - Na die driekamp het die NW tweekampkampioenskap op Sondag 2 Februarie in Potchefstroom plaasgevind.
Atlete het die hardloop by die Kenneth McArthur-stadion gedoen en in die Potchefstroomdam-oord swembad geswem.
Klerksdorp was goed verteenwoordig, met Juan Kasselman van Hoërskool Wesvalia wat die tweede plek in die seuns o15 behaal het en Nicolas Greeve, ook van Wesvalia, wat die seuns o17-wedloop gewen het.
Lené Bester van Laerskool Saamtrek het die o15 vir meisies gewen. Wilhelm Schmidt het derde in die kategorie Mans 60+ geplaas.
Die SA Tweekampkampioenskap vind op 21 en 22 Maart in Oudtshoorn plaas.
Klerksdorp Record, Klerksdorp - The countdown to the annual Aurum Klerksdorp Marathon has started.
The event will take place this weekend, on Sunday February 9.
Pre-entries closed on Tuesday February 4, but you can still enter on Saturday between 16:00 - 18:30 and on Sunday from 05:00.