Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Hoërskool Wesvalia sal die afgelope naweek se rugbywedstryd nie gou vergeet nie, inteendeel daar gaan nog lank oor die naelbyt wedstryd gepraat word.
Wessies het die rekordboeke herskryf deur Hoërskool Lichtenburg op Saterdag 24 Augustus in die eindstryd van die SDC Noordvaalbeker se skildafdeling te klop. Met ‘n oorwinning van 23-21 het hulle die Noordvaal-seisoen onoorwonne afgesluit. Dit was ook die eerste keer dat die skool ‘n Noordvaal-titel op die rugbyveld verower het.
Wesvalia kraai koning in rugbyreeks
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Hoërskool Wesvalia se rugbyspanne speel volgende jaar in dieselfde liga as KHS na die rugbyspanne se puik vertoning die afgelope seisoen in die Noordvaalliga.
Die eerste span veral het die skildafdeling gedomineer en moet nog net die naweek die eindstryd wen om hul Noordvaal-veldtog onoorwonne af te sluit.
New venue for Fight Night
Klerksdorp Record, Klerksdorp - Klerksdorp Fight Night is back and the venue has changed from Rio Casino to the Portuguese Hall.
KFN will take place on September 7 with ten bouts. Josiah Obasi and Zhane Tannous will clash in the main event. This light heavyweight clash promises top MMA action.
To add further attraction, Van Pletzen, popular Afrikaans rapper, will also perform.
Tickets are available at Computicket at R150 (children younger than 16), R300 (normal entry) and R400 (VIP). Children younger than six years free entry.
VIP tables are available at R10 000 and R5 000. Tickets will also be available at the door.
According to the organisers, KFN is still in collaboration with Rio Casino and their next event (KFN15 as well as House of Strength Armwrestling Championship) will take place at Rio Casino.
PC slaan sy pad oop na WK
PC Swanepoel is gekies om SA en Klerksdorp te verteenwoordig by die WAKO Wêreldkampioenskap (WK) in Hongarye vanaf 23 Augustus tot 1 September. Dit is sy tweede Wêreldkampioenskap en hy het sy Proteakleure verwerf. Hy is huidiglik die SA kampioen in sy gewigsklas van o/63kg. PC neem ook in Desember vanjaar aan die WAKO Afrikakampioenskap deel wat in Gauteng sal plaasvind. PC is 15 jaar oud en word afgerig deur Shihan Charl Pretorius van Klerksdorp Kickboxing.
Luiperdvroue speel in rugbyfinaal
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Luiperds se vrouerugbyspan het in die eindstryd van die eerste afdeling in George gespeel en die wedstryd naelskraap verloor op Vrydag 9 Augustus teen SWD.
Die wedstryd was so taai soos kon verwag word tussen die top twee spanne op die punteleer.