Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - KHS ry die blou golf van sukses na hul oorwinning die afgelope naweek teen Ligbron van Ermelo in die Noordvaalbeker se plaatafdeling.
Dié wen maak dit drie in ‘n ry vir KHS en hoop hulle om daarop voort te bou wanneer hulle die naweek na Pretoria reis vir die wedstryd teen Oos-Moot.