Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Met seer voete en moeë lywe is meeste van die Comrades-atlete terug by die huis met harte vol dankbaarheid.
Uit die 55 atlete van die plaaslike marathonklub wat gekwalifiseer het, het 44 die wedloop onder 12 ure voltooi.
Die eerste man oor die wenstreep vir die Klerksdorp klub was Diketso “Johannes” Radebe in 6:49. Johannes kry ‘n silwermedalje.