NOORDWESTER – LICHTENBURG - AfriForum se Lichtenburg-tak het van einde Oktober tot 6 November ononderbroke gewerk om noodsaaklike herstelwerk aan Lichtenburg se paaie te doen.
Hierdie volgehoue herstelwerk word gedoen om te verseker dat die paaie veilig is vir inwoners en besoekers. Gedurende hierdie tydperk is daar met behulp van 133 sakke teer, wat deur NWK Lichtenburg geskenk is, altesaam 273 slaggate en krake opgevul en herstel. Verskeie areas, insluitend Breestraat, Retiefweg en Kerkpleinstraat, is verbeter met die broodnodige herstelwerk.
Chinese businessman and accomplice arrested for counterfeit cigarettes
NOORDWESTER – OTTOSHOOP - A Crime Intelligence driven operation by Zeerust K9, Ottoshoop Visible Policing, Customs Officials, Mahikeng Directorate for Priority Crime Investigation (DPCI) and Mahikeng Local Criminal Centre (LCRC) led to the arrest of a Chinese foreign national and accomplice for possession of illicit cigarettes on Wednesday,
30 October in Ottoshoop.
Expo24 laat gemeenskap glimlag
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die NWK Retail Expo24 het verlede Vrydag en Saterdag mense laat glimlag.
Theo Nel, senior klerk sê: “Dit was stiller as wat verwag is, maar deurgans was daar ‘n ontspannne en rustige atmosfeer.” Daar was ‘n verskeidenheid van uitstallers en dié met wie Noordwester gepraat het was, tevrede of sommer báie tevrede met hul verkope. Die twee kruiwaresies het vir lekker lag gesorg en die wenners is weg met hulle kruiwaens. Siende dat dit só warm was het die koue drinkgoed heelwat aftrek gekry. ‘n Groot aantrekking was die “prik ‘n ballon” wat in die Handelstak was.
AfriForum buurtwagte hou nasionale massapatrollies
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Die AfriForum-buurtwagte in Stellaland en Marico het onlangs veiligheidspatrollies in verskeie dorpe gehou.
Dorpe se buurtwagte wat deelgeneem het was Bloemhof, Christiana, Delareyville, Biesiesvlei, Vryburg, Wolmaransstad Hartbeespoort, Koster, Coligny, Brits, Rustenburg, Mooinooi, Zeerust, Lichtenburg en Ventersdorp - wat in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies dié massapatrollies in Oktober in hul onderskeie gebiede uitgevoer het om polisiëringsigbaarheid te skep.
Veediewe kos boere derduisende rande
NOORDWESTER – LICHTENBURG – Elke week is daar veediefstalle, maar boere meld dit nie meer aan nie. Honderde beeste is die afgelope maande gesteel.
Potchefstroom Intelligensie-eenheid het deurbrake begin maak waar dit aan die lig gekom het dat voertuie, mense en instellings vleis verkoop wat vemoedelik op onwettige wyse bekom is. Boere het ‘n deurslaggewende rol gespeel toe vermeende veediewe uiteindelik vasgetrek is. Die moontlikheid dat hulle ‘n deel is van ‘n groter sindikaat, is nie uitgesluit nie.