Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Toe ‘n drankafleweringstrok omval naby Blydeville op Donderdag, 12 Oktober was dit chaos. Nie omdat die trok omgeval het nie, wel die mense se skandalige gedrag. Ouers en kinders bestorm die vragmotor en begin om die alkoholiese vrag weg te dra. Skool kinders en ouers, mense… meer as twee duisend was soos aasvoëls om die vragmotor. Al wat oorgebly het, was gebreekte bottels. 

Read more …Skandvlek op inwoners

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Lichtenburg SAPS representatives, together with the Community Police Forum, embarked on a Community Outreach campaign at the Sanlam Plaza Complex in Lichtenburg.
The issues addressed were GBV, card cloning, fraudulent way of offering jobs, and substance abuse. The representatives spoke to community members while they were standing in line to receive their social grants.

Read more …Community Outreach

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Daar is ongetwyfeld talle mense in Noordwes se uitgestrekte boerderygemeenskappe wat die Tswana-taal deeglik onder die knie het. Maar meneer, mevrou – hoe dink jy sou jy vaar as jy vir ongeveer 90 minute lank rugbykomentaar in Tswana vir een van die SABC se swart stasies moes uitsaai? 
‘n Afrikaanssprekende boer van Groot-Marico het die land aan die praat en verbaasde Tswanasprekende gemeenskappe aan die luíster met die gemak waarmee hy die afgelope twee dekades al sokker- en rugbykommentaar in Tswana oor die SAUK se radio- en tv-senders laat ego.

Read more …Maricoboer se Tswanakommentaar het land aan die praat

NOORDWESTER – LICHTENBURG - “Ons erfenis is besig om voor ons oë te verbrokkel.” Só sê Barry Müller, die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se kultuurnetwerkkoördineerder, nadat die FAK ’n regsbrief op die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit beteken het. Die FAK probeer al maande lank om die munisipaliteit te kry om hulle verpligtinge na te kom en die Noordwes Landbou Museum in Lichtenburg te beveilig, maar al die versoeke het op dowe ore geval.

Read more …Federasie vir Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) neem regstappe teen munisipaliteit

More Articles …